Sarie Kos

Swartbierb­rood

-

BAK MET OORNAGGIS

(bl. 17) Die lekker van die brood is die beslag wat jy bo-oor die deeg smeer voor jy dit in die oond sit. Dit bak baie donker en gee ekstra smaak aan die brood.

genoeg vir 1 brood

GISMENGSEL – 24 UUR VOOR BAK 70 g (125 ml) koekmeel 125 ml water 1 x 10 g-sakkie kitsgis Meng alles en laat oornag in yskas fermenteer (minstens 8 uur).

BROOD 600 g (1 070 ml) koekmeel 120 g (210 ml) rogmeel 120 g (210 ml) volkoringm­eel 1 x 10 g-sakkie kitsgis 10 g sout 440 ml donker bier 160 ml louwarm water 100 ml mielieblom ( maizena) 60 ml heuning 80 ml water Plaas oornag-gismengsel in bak van elektriese menger met deeghaak, plus al die meel (koek, rog en koring), gis en sout. Skakel menger aan op mediumspoe­d. Meng bier en water en gooi geleidelik by terwyl menger loop, tot sagte, kniebare deeg vorm. Verhoog spoed en knie 10-15 minute of tot deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat goed gesmeer is met olie – die bak moet 3 keer groter as die deegbal wees. Maak toe met kleefplast­iek en laat op warm plek fermenteer tot dubbel die volume. Herhaal proses nog twee keer. Ná die derde rysproses, keer deeg uit op meelbestro­oide werkvlak en verdeel in twee balle. Plaas elke bal op bakplaat wat goed gespuit is met kleefweren­de kossproei en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 20 minute. Terwyl deegballe rys, verhit oond tot 220 °C. Meng mielieblom, heuning en water. Skep lepels vol van dié beslag en sprinkel oor deeg. Bak 30-35 minute of tot donkerbrui­n kors vorm. Laat afkoel en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa