Sarie Kos

Soet potbrood

-

BAK MET OORNAGGIS

(bl. 22) Waar ek vandaan kom, is dié brood gereeld gemaak, sommer met winkeldeeg. Ek vat die Noord-Kaapse inspirasie en sit ’n

tikkie finesse by.

genoeg vir 1 brood

GISMENGSEL – 24 UUR VOOR BAK 140 g (250 ml) koekmeel 250 ml water 1 x 10 g-sakkie kitsgis 5 ml vanieljege­ursel Meng alles en laat oornag in yskas fermenteer (minstens 8 uur).

BROOD 500 g (890 ml) koekmeel 1 x 10 g-sakkie kitsgis 10 g sout 100 g (125 ml) suiker 300 ml louwarm water 200 g (250 ml) ligte bruinsuike­r 250 ml room Plaas oornag-gismengsel in bak van elektriese menger met deeghaak saam met koekmeel, gis, sout en suiker. Skakel menger aan op medium-spoed en gooi water geleidelik by tot sagte, kniebare deeg vorm. Verhoog spoed en knie 10-15 minute of tot deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat goed gesmeer is met olie – die bak moet 3 keer groter as die deegbal wees. Maak toe met kleefplast­iek en laat op warm plek fermenteer tot dubbel die volume. Herhaal proses nog twee keer. Ná die derde rysproses, keer deeg uit op meelbestro­oide werkvlak en verdeel in 24 stukke. Rol in netjiese ronde balle. Spuit 30 cm-patroonpan (Bundt-pan met volume van 2 liter) goed met kleefweren­de kossproei. Rol elke deegbal in bruinsuike­r en pak balletjies stewig op mekaar tot pan gevul is. Gooi room oor en laat fermenteer op warm plek tot dubbel die volume. Verhit oond tot 180 °C. Bak brood 40-45 minute of tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit op opdienbord – daar is karamelsou­s onderin die pan wat bo-oor brood sal uitloop. Sit louwarm voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa