Sarie Kos

Rina se aartappels­uurdeegbro­od

-

Maak seker die aartappel wat jy gaan gebruik om die suurdeeg te maak, is vars en ferm – aartappels wat reeds begin spruit het, maak blykbaar nie ’n goeie suurdeeg nie

genoeg vir 1 plantjie

7 ml droë gis 2 t suiker 1 t sout 60 ml louwarm water plus ekstra water 1 medium-aartappel (geskil en fyngeraspe­r) 250 ml kookwater Los gis, suiker en sout op in 60 ml louwarm water. Roer en laat staan tot skuimlaag bo-op mengsel vorm. Rasper aartappel en voeg 250 ml kookwater by en laat effens afkoel tot louwarm. Sterilisee­r ’n 1 liter-glasbottel met skroefdeks­el deur dit ’n paar sekondes in kookwater te laat lê en dan af te koel. Meng aartappelm­engsel en gismengsel saam en plaas in skoon fles. Vul fles op met ekstra louwarm water tot ¾ vol en maak liggies toe met deksel – moenie dit styf toedraai nie. Maak warm toe met kombers en laat aartappelg­isplantjie oornag op ’n warm plek in die kombuis staan. In die warm somermaand­e suur ek soggens in en dan kan ek middag knie. Nou is ons reg vir brood bak.

2,5 kg broodmeel (hier kan die bakker speel met bruinmeel of growwe heelkoring­meel gemeng met witbroodme­el, net soos verkies) 15 ml sout (ek verkies om ’n effens growwe seesout te gebruik) 30 ml botter of uitgebraai­de vet 500 ml gaar aartappels, fyngedruk en louwarm (let daarop dat die fynaartapp­el goed stukkend gedruk moet wees sodat daar nie klontjies aartappel sigbaar is nie) aartappel-gisplantji­e wat oornag gestaan het Meng die meel en sout goed saam in groot mengbak. Vryf die botter en die fynaartapp­el goed in die meel in met vingerpunt­e. Sorg dat alle klontjies aartappel goed fyngedruk word. Roer die aartappel-gismengsel wat oornag gerus het en skep 60 ml uit en hou eenkant vir die plantjie vir volgende keer se suurdeeg se bak – dis jou moeder wat jy elke keer gaan vermeerder wanneer jy bak. Meng die gisplantji­e wat oorbly in die bottel goed met die droë bestanddel­e tot ’n kniebare deeg. (As dit dalk nodig is, kan jy ’n bietjie ekstra louwater gebruik, maar ek vind dat die suurdeeg in die fles voldoende is.) Knie deeg tot elasties – beide jou bak sowel as jou hande sal skoon geknie wees. My moeder het altyd gesê: “Onthou die water wat jy byvoeg by die meel, moet jy wegknie.” Sprinkel bietjie ekstra meel in skoon mengbak wat 3 keer groter is as die deegbal. Die deeg word eers bedek met ’n skoon stuk plastiek (dit voorkom dat die deeg ’n harde kors kry solank dit rys), daarna ’n deegdoek (stuk linne) en laaste ’n kombers. Dan word die skottel op ’n warm plek in die kombuis gelaat om tot dubbel sy grootte te rys – 3-4 uur. Knie liggies af op ’n meelbestro­oide oppervlak. Verdeel die deeg in twee of drie ewe groot stukke afhangend van hoe groot jou broodpanne is. Smeer panne goed met olie en sit die brooddeeg daarin – dit moet ongeveer 2/ van die pan vol

3 maak. Maak panne toe met kombers en laat rys tot die brooddeeg ’n pensie maak of ten minste bo die pan se rand wys (3-4 cm bo die pan). Verhit die oond tot 170 °C terwyl brood rys en plaas broodpanne in oond. Bring hitte af tot 160 grade en bak 1 uur. As brood lostrek van die rande van pan en hol klink wanneer jy daarop klop, is dit gaar. Smeer warm brode bo-op met vet of botter, haal uit die panne en laat afkoel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa