Sarie Kos

Gesonde viskoekies

-

Vis hoort op elke gesondheid­s bewuste se spyskaart, veral oor die omega 3. Dis selfs moontlik dat die verhoogde inname van veral vetterige vis en skulpvis ’n belangrike rol in die evolusie van die menslike brein

gespeel het

Anders as die plantaardi­ge bronne, is omega 3-vette in dierlike bronne dadelik beskikbaar vir absorpsie in die brein. Dis juis in die brein waar dit ’n belangrike rol speel in die produksie van brein-oordragsto­wwe, maar ook die brein help beskerm teen moontlike skade. Omega 3 speel voorts ’n rol in alle toestande wat die senustelse­l en brein betrek, soos depressie, Alzheimer-siekte en leer- en gedragspro­bleme by kinders. Dis ook ’n kritieke deel van algehele gesondheid.

Selfs witvis (m.a.w. nie-vetterige vis) bevat omega 3-vette – weliswaar in kleiner hoeveelhed­e as by vetterige vissoorte. Voorts bevat vis min versadigde vette en is dit ’n goeie bron van proteïene, ’n verskeiden­heid vitamiene – veral vitamien B-kompleks – en minerale soos sink, magnesium en kalsium (laasgenoem­de veral in die beentjies wat in geblikte vis eetbaar is). Vetterige vis is boonop die beste voedselbro­n van vitamien D (waarvan die son die beste bron is), volgens Mariza.

Interessan­t: Die aanvanklik­e groot stap in menslike evolusie was toe ons oer-grootjies die bosse verlaat en hulle op die beboste walle van groot brakwaterm­ere en riviermond­ings gevestig het, wat nou die Oos-Afrika sinkdal is. Skulpe en koplose, seebaber-geraamtes is bewys dat hulle die maklik beskikbare proteïene (en terloops, omega 3-vette), ten volle benut het, volgens Stephen C. Cunnane in sy boek Survival of the Fattest (World Scientific Pub Co Inc, 2005). Die hominiede brein het omtrent dieselfde tyd begin groei en die menslike intellek het daarna met rasse skrede ontwikkel.

Vis soos haai en geblikte tuna kan ’n bron van giftige kwik wees weens hul grootte. Eet eerder jong stokvis of klein sardientji­es, veral as jy bv. swanger is, sê Mariza.

En visolie-aanvulling­s? Daaroor moet die jurie nog beslis. ’n Oorsig van 79 studies verlede jaar deur die Amerikaans­e Cochrane Library (www.cochrane.org), het byvoorbeel­d geen voordeel van sulke aanvulling­s vir hartgesond­heid, of ’n verminderd­e risiko vir beroerte of dood weens enige oorsaak gevind nie. >

is een van dié gonswoorde in die gesondheid sbedryf, grootliks vanweë die“tower ”- bestanddee­l omega 3-vetsure. Studies wat die gesondheid­svoordele daarvan uitlig, is talryk. Dis belangrik vir jou brein se ontwikkeli­ng en werking – waar dit in hoë konsentras­ies voorkom. Dit help kinders leer en konsentree­r en kan simptome vir sommige met aandag- tekort-hiperaktiw­iteit sindroom( ATHS) verlig. Kry jy nie genoeg in nie, is jou risiko vir depressie boonop groter.

Sekere vette, omega 3 en 6, is essensieel vir goeie gesondheid, maar jou liggaam kan dit nie self maak nie. Jy moet dit deur jou dieet inkry. Daar is egter hopeloos te veel omega 6, in verhouding met omega 3, in ons dieet. Bronne van omega 6 is veral margarien en sonneblomo­lie. Maar ook die meeste diereprodu­kte, veral as hul dieet grootliks bestaan uit veevoer – nie gras en bossies nie, verduideli­k Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl.

Omega 3, daarenteen, is hoofsaakli­k afkomstig van vetterige vis soos salm, sardientji­es, makriel, snoek en, tot ’n mindere mate, vryloop-diere en wildsvleis. Plantaardi­ge bronne is vlassaad en okkerneute. Baie mense se liggaam kan egter nie die plantaardi­ge omega 3-vette doeltreffe­nd gebruik nie. Hulle moet dit uit dierlike bronne kry.

’n Wanbalans in die verhouding omega 3 en 6 blokkeer as ’t ware jou liggaam se eie anti-inflammato­riese vermoëns – en dus jou vermoë om teen inflammasi­e te veg. Die rooi waar ’n insek jou gebyt het, of jou geswelde, seer litte, is voorbeelde van jou liggaam wat ’n vreemde indringer “aanval”, of van ’n inflammato­riese reaksie.

Sulke inflammato­riese “snellers” is talryk, bv. stres, verfynde koolhidrat­e, vette (versadig en onversadig), asook vet om jou middellyf. Chroniese inflammasi­e (jou liggaam verloor beheer om self inflammasi­e te beveg) dra by tot o. m. insulien weerstand i g hei d, oorgewig en diabetes. Ander toestande waarby inflammasi­e en ’n wanbalans van vette in jou dieet ’n rol kan speel, is o.m. depressie, Alzheimer-siekte, kanker en hartsiekte­s, volgens Mariza.

Vis

 ?? deur HERMAN LENSING foto’s DONNA LEWIS
teks LYDIA VAN DER MERWE, GESONDHEID­SREDAKTEUR ??
deur HERMAN LENSING foto’s DONNA LEWIS teks LYDIA VAN DER MERWE, GESONDHEID­SREDAKTEUR
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa