Sarie Kos

10 dinge wat jy dalk nie van Mary Berry weet nie

-

1 Sy het al meer as 70 kookboeke geskryf. Haar eerste boek, Hamlyn All Colour Cookbook, is in 1970 gepublisee­r. Haar boek Baking Bible (BBC Books) is op die Britse koerant The Independen­t se lys van die 10 beste bakboeke. 2 Die wêreldbero­emde TV-persoonlik­heid het haar eie app, Mary Berry: In Mary We Trust, waar sy daagliks nuwe resepte, raad en wenke plaas. 3 Sy is baie lief vir diere. Haar eerste troeteldie­r was ’n ponie met die naam Kerry Lass. 4 Mary het haar loopbaan begin in die vertoonkam­er van die kragvoorsi­eningsraad van die Britse stad Bath. Sy moes kliënte tuis gaan wys hoe om hul nuwe elektriese oond te gebruik. Dit het sy gedoen deur hulle te leer om Victoria-sponskoek te bak. Tot vandag toe as sy ’n nuwe oond moet toets, bak sy dieselfde sponskoekr­esep. 5 Sy glo as jy wil weet of iemand kan bak, moet jy hom of haar ’n Victoria-sponskoek laat maak – dit bevat geen chemiese rysmiddel nie, net eiers. Mary staan hoeka bekend as die koningin van die resep. 6 Benewens bak, hou sy daarvan om mense se lewe makliker te maak in die kombuis. Sy en haar dogter, Annabel, het bv. in 1994 ’n reeks slaai- en ander souse bekend gestel wat deesdae reg oor die wêreld verkoop word. 7 Sy was jare lank ’n AGA-stoof-ambassadeu­r en sy het steeds ’n AGA-stoof in haar kombuis. Sy glo ook sy kan nie sonder ’n KitchenAid-menger lewe nie. 8 Die dame is baie stylvol en was in Maart 2013 op The Guardian se lys van bes geklede vroue bo 50. 9 Haar modestyl inspireer vroue oor die hele wêreld. In een episode van The Great British Bake Off het sy ’n baadjie van 29,99 pond (sowat R550) van die kleregroep Zara gedra. Die baadjie het soveel aandag getrek dat dit uitverkoop het. Daar is selfs later baadjies op eBay opgeveil vir 200 pond! 10 Mary het op 13 polio gekry en was byna 3 maande in die hospitaal. Sy het permanente skade opgedoen aan haar ruggraat, linkerarm en -hand. Sy verwys gereeld na die siekte as iets wat haar sterker gemaak en geïnspiree­r het om elke kans aan te gryp. >

Bronne https://en.wikipedia.org/wiki/Mary_Berry https://www.express.co.uk/life-style/life/557570/Mary-Berry-GreatBriti­sh-Bake-Off-Comic-Relief-10-facts

 ??  ?? GEBAKTE VANIELJE-KAASKOEK
GEBAKTE VANIELJE-KAASKOEK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa