Sarie Kos

‘Ek braai eerder - die kombuis kan soms soos ’n tronk voel’

Almal dink mos vleisbraai is manswerk. Maar dis bog. Laat die manne ’n bietjie opsystaan sodat die vroue kan wys wie die ware braaiers is!

- deur HERMAN LENSING foto’s MICHAEL LE GRANGE

Hoekom hou jy van braai?

Dit laat my geëmansipe­erd voel. Die kombuis voel ’n bietjie soos ’n tronk as ek te lank daar uithang. Ek kry flash

backs van huishoudku­ndejuffrou­ens se preke oor hoe ’n deugsame vrou haarself moet handhaaf. Die meeste van die sogenaamde deugsaamhe­id het in die kombuis of voor ’n naaimasjie­n afgespeel.

Waarom dink jy braai jy beter as die meeste mans?

Ek weet darem nie of ek dít sal sê nie! Ek doen maar net my ding. My vriende en familie wil altyd hê ek moet my tjoppies en hoenderbou­djies vir hulle maak.

Jou 5 beste braaiwenke

1. Gebruik ’n outydse braaitang met ’n houthandva­tsel. Daai goed wat soos skêre lyk, raak net taai en is baie ongemaklik om te gebruik en skoon te maak. 2. Ek braai my vleis met kruie en gebruik suurlemoen, uie of wyn eerder as verpakte “braaisous”. Dit is baie geuriger. 3. Dra ’n vadoek oor jou skouer en sit ’n nat lappie in ’n bakkie langs jou rooster om jou hande mee af te vee indien nodig. 4. As jy vis of kreef braai, wil jy die voorbereid­ing liefs buite doen. Jou huis gaan die res van die naweek na kreef ruik as jy nie van die oorblyfsel­s ontslae raak terwyl jy kreefstert­jies oor die rooster braai nie. Ek gooi alles wat uit die see kom altyd in die buiteasbli­k sodra ek daarmee klaar is. 5. Leer jou kinders van kleins af hoe om vuur te maak en hul eie boereworsi­e te braai. Dis baie goed vir hul ontwikkeli­ng en natuurlik ’n voorreg om met iets so gevaarlik soos ’n vuur vertrou te word. Ek het dit as beloning gebruik vir goeie gedrag. Dis baie spesiale familietyd en julle kan lekker gesels oor die lewe saam.

Wat mag jy nooit langs die braai doen nie?

Op jou selfoon praat. Veral nie as die braai reg langs al die kuiergaste is nie. Gebruik jou selfoon eerder om liedjies te soek om na te luister. >

Hoekom hou julle van braai?

Dis vir ons lekker. Ons staan eerder om ’n braai en klets oor ditjies en datjies voordat ons in ’n warm kombuis staan en slaai kap. En ’n heerlike glas goeie sjampanje langs die braai maak mos almal se stories beter en meer verteerbaa­r. Die mense lyk ook baie mooier.

Waarom braai julle beter as die meeste mans?

Vroue kan baie goed gelyk doen – gesels, kinders dophou en skinder – terwyl ons seker maak die vleis brand nie. As ons nog een keer by ’n braai kom waar die mans staan en snert praat met ’n bier in die hand en die vleis is rou, koud of gebrand, druk ons daai man se hand in die kole.

Jul 5 beste braaiwenke

1. Dra iets gemaklik en lig, dit raak warm om daai vuur. 2. Maak seker die sjampanje is koud. 3. Kom voorbereid. ’n Vrou wat nog in die kombuis moet vroetel terwyl die vuur koud word, is ’n skande. 4. Koop jou slaai, die lewe is te kort om blare te kap. 5. Moenie te veel speserye gebruik nie, jy wil nog die vleis proe.

Wat mag jy nooit langs die braai doen nie.

In ’n ander vrou se slaai of tjops krap.

As julle braai dan …

vergeet ons van die mans, ’n man moet soms net gesien word, nie gehoor word nie.

Braai is soos ...

brei, jy hardloop nie die 100 m terwyl jy ’n trui brei nie, jy doen dit tydsaam. Laat die vleis stadig stoei op die kole.

Hoekom hou jy van braai?

Suid-Afrikaners voel dadelik tuis rondom ’n braaivleis­vuur – die reuk van die vleis oor die kole sal selfs onbekende gaste dadelik op hul gemak plaas. En jy kan werklik ’n feesmaal vir ’n groot klomp mense berei met relatief min moeite. Anders as wanneer jy jou in die kombuis afsloof, mis jy ook nie ’n deel van die lekker kuier saam jou gaste nie, want julle is almal saam om die vuur.

Waarom dink jy braai jy beter as die meeste mans?

Elke mens wat braai, dink hy of sy is die beste, so natuurlik is ek die beste! Tog is vroue nie so kompeteren­d soos mans nie – mans fokus te veel op “wie die beste is” in plaas van om dit net te geniet.

Jou 5 beste braaiwenke

1. Dis baie belangrik om jou eie geheime resep te ontwikkel vir ’n marinade. Dit maak dit ekstra spesiaal, want braaisouse van winkels kan so eenders smaak. 2. Dis ’n groot sonde om nie braaibrood­jies te maak as jy braai nie. En nog belangrike­r is om ’n bietjie flair daaraan te gee. Ek sit gerasperde knoffel en droë origanum op my braaibrood­jies vir ’n spesiale smaak. 3. Daar moet ’n bykos wees, maar nie meer as twee nie. Een groenteger­eg soos ’n aartappelg­ebak en net een slaai of andersins twee slaaiopsie­s soos aartappels­laai en ’n lekker groenslaai. 4. Merk jou gaste se glase met strikkies in verskillen­de kleure, en bind sommer ’n strikkie in dieselfde kleur om hul arm ook sodat elkeen weet watter glas is wie s’n. Só keer jy dat gaste vergeet watter glas is hulle s’n! En jy hou die skottelgoe­d min. 5. Jy moet ’n bier drink wanneer jy braai – dis seker die belangriks­te bestanddee­l naas die vleis en braaibrood­jies!

Wat mag jy nooit langs die braai doen nie?

Jy mag nie baklei nie. Jy kan ’n debat hê, maar dit mag nooit gemeen of lelik raak nie. >

 ??  ?? Karen Zoid
Karen Zoid
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Vir Portia se braaiNOORD-KAAP SE STAANRIB (OF SKUINSRIB) MET SOET MOSTERD
Vir Portia se braaiNOORD-KAAP SE STAANRIB (OF SKUINSRIB) MET SOET MOSTERD
 ??  ?? Portia JoelSy speel die rol van Lee-Ann in Suidooster opkykNET
Portia JoelSy speel die rol van Lee-Ann in Suidooster opkykNET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa