Ba­sie­se re­sep­te + par­ty­tjie­din­ge

Met hier­die ba­sie­se re­sep­te vir sjo­ko­la­de-spons­koek en ver­sier­sel kan jy al die koe­ke vir die par­ty­tjies in dié tyd­skrif maak

Sarie Partytjie - - Inhoud -

S­JO­KO­LA­DE­KOEK

• 390 g (420 ml) bot­ter

• 820 ml wa­ter

• 140 g (350 ml) ka­ka­o­poei­er

• 840 g (750 ml) koek­meel

• 20 ml koeksoda

• 20 ml bak­poei­er

• 1 200 g (1 420 ml) strooi­sui­ker

• 6 ei­ers

• 380 ml kar­ring­melk Ver­hit oond tot 160 °C. Plaas bot­ter en wa­ter in mid­del­slag­pot en bring tot kook­punt. Voeg ka­kao by en meng. Sif meel, koeksoda, bak­poei­er en sui­ker saam. Meng ei­ers en kar­ring­melk. Voeg bot­ter- en die kar­ring­melk­meng­sel by die droë be­stand­de­le en meng goed. Volg die op­sies soos regs uit­een­ge­sit.

OP­SIE 1

Spuit ’n 36 x 26 cm-koek­pan goed met kleef­we­ren­de kos­sproei en voer uit met bak­pa­pier. Gooi be­slag in pan en bak 60 – 70 mi­nu­te. Laat ef­fens af­koell en keer uit.

OP­SIE 2

Spuit ’n ron­de 30 cm-koek­pan goed met kleef­we­ren­de kos­sproei en voer uit met bak­pa­pier. Gooi be­slag in pan en bak 50 – 60 mi­nu­te. Laat ef­fens af­koel en keer uit.

OP­SIE 3

Spuit 4 los­boom-koek­pan­ne van 20 cm in deur­snee goed met kleef­we­ren­de kos­sproei en voer uit met bak­pa­pier. Gooi be­slag in pan­ne en bak 60 – 70 mi­nu­te. Laat ef­fens af­koel en keer uit.

1 x 500 g-blok bot­ter 1 x 750 g-sak ver­sier­sui­ker 10 ml va­niel­je­geur­sel of saad­jies van 1 va­niel­je­peul

BA­SIE­SE VANIELJEVERSIESEL Plaas bot­ter in bak van e­lek­trie­se men­ger en k­lits by hoë spoed tot ro­me­ri­ge meng­sel. Voeg ver­sier­sui­ker al­les op een slag by saam met va­niel­je­geur­sel en

k­lits tot goed ge­meng. Ge­bruik soos no­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.