Ballon-bomme
Vul helderkleurige ballonne met water en plaas in groot plastiekkratte oral in die tuin. Laat die kinders mekaar jaag en met die waterballonne gooi. As jy raak gegooi word, is jy uit vir daardie ronde. Die kind wat laaste bly staan, is die wenner.