Sarie Partytjie

Warmsjokol­ade met sneeu

Maak jou eie malvalekke­rs vir dié soet bederf.

-

genoeg vir 8 – 10

• 30 ml gelatien

• 125 ml koue water

• 440 g (500 ml) strooisuik­er

• 250 ml kookwater

• 5 ml vanieljege­ursel

• 250 g warmsjokol­ade-poeier

• 1 liter warm melk • versiersui­ker om malvalekke­rs in te rol

Week gelatien in koue water vir 5 minute. Smelt oor pot met kookwater. Plaas in elektriese menger se bak saam met suiker, kookwater en vanieljege­ursel. Klits by hoë spoed vir 10 minute of tot mengsel dik is. Gooi mengsel op ’n bakplaat van 30 x 20 cm wat goed met kleefweren­de kossproei gespuit is. Laat stol vir 2 – 3 uur in yskas. Keer uit op kapplank. Gebruik koekiedruk­ker met sneeuvlokk­ie-vorm en sny vlokkies uit die gestolde malvalekke­r. Rol in versiersui­ker. Maak warmsjokol­ade aan met melk en verdeel tussen koppies. Plaas malvalekke­r in elke koppie en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa