Sarie Partytjie

Sneeuvlokk­iekoekies

Jy kan hierdie koekies tot 2 weke voor die partytjie bak en in lugdigte houers bêre.

-

genoeg vir 24

• 175 g (190 ml) sagte botter

• 115 g (220 ml) versiersui­ker

• skil van 1 suurlemoen

• 265 g (475 ml) koekmeel

• 35 g (55 ml) mielieblom

( cornflour)

• 50 g versiersui­ker

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, suiker en skil in mengbak van ’n elektriese menger en verroom. Voeg meel en mielieblom by en meng tot ’n sagte deeg. Draai in kleefplast­iek toe en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol koue deeg tot sowat 5 mm dik uit. Gebruik koekiedruk­ker met sneeuvlokk­ievorm en sny koekies uit deeg. Plaas op bakplaat wat goed met kleefweren­de kossproei gespuit is. Plaas in oond en bak vir

12 – 15 minute tot goudbruin. Sif versiersui­ker oor en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa