Sarie Partytjie

Eskimo- pies

As kind was dít my grootste bederf. Hierdie resep is my kortpad-weergawe.

-

genoeg vir 12

• 1 liter vanieljero­omys

• 200 g witsjokola­de, gesmelt

• 50 g eetbare silwer koek

strooisels

• 12 roomyshori­nkies

Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en plaas in vrieskas tot yskoud. Skep balle roomys uit die bak en plaas dit op die koue bakplaat. Hou so aan tot al die roomys opgebruik is. Skep lepels vol sjokolade oor die roomysball­e en sprinkel koekstrooi­sels oor. Plaas in die vrieskas tot die sjokolade heeltemal hard is. Plaas op roomyshori­nkies en druk stewig vas. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa