Ys-kegelbal-spel
Vul 10 x 2 liter-koeldrankbottels met water en kleur dit blou. Pak bottels in ’n piramide-vorm op ’n gladde oppervlak. Gebruik hokkie- of krieketballe (dis swaarder as gewone opblaasballe) om die “kegels” mee om te rol. Hou telling van elke ronde – die een wat die meeste kegels omgestamp het, wen.