Spin­ne­rak­ke

Dit lyk dalk baie moei­lik, maar is reg­tig kin­der­spe­le­tjies! Maak se­ker jy ge­bruik bak­sjo­ko­la­de, want dit word lek­ker hard en breek nie mak­lik nie.

Sarie Partytjie - - Inhoud -

ge­noeg vir 12

• 12 mal­va­lek­ker-Paas­ei­ers • 96 pret­zel-stok­kies, in sjo­ko­la­de

ge­doop • 300 g don­ker-bak­sjo­ko­la­de • 12 plas­tiek­spin­ne­kop­pe

Steek 8 pret­zels rond­om in die kan­te van ’n Paas­ei­er. Plaas op bak­plaat wat uit­ge­voer is met bak­pa­pier. Her­haal met res van pret­zels en Paas­ei­ers. Smelt sjo­ko­la­de in glas­bak oor pot ko­ken­de wa­ter. Skep sjo­ko­la­de in spuit­sak met 2 mm-sker­prand­tuit (sien bl. 4). Spuit 3 sjo­ko­la­de­rin­ge op pret­zels in ’n spin­ne­rak­pa­troon. Maak se­ker dat daar ge­noeg sjo­ko­la­de is waar die sjo­ko­la­de en pret­zel by­me­kaar­kom, jy kan al­tyd ’n bie­tjie ek­stra daar spuit as dit no­dig is. Laat af­koel tot hard. Plak op el­ke web ’n spin­ne­kop vas met ’n bie­tjie ek­stra sjo­ko­la­de. Haal ver­sig­tig van pa­pier af en hang op aan ge­kleur­de lin­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.