Sarie Partytjie

Sjokolade-rotte

Die rotte verg bietjie vernuf.

-

genoeg vir 12

• 125 ml room • 400 g donkersjok­olade, baie

fyngekap • 12 sjokolade-munte (ons het Woolworths s’n gebruik, landwyd teen R19,99 vir 150 g) • 24 heel amandels • 300 g donker-baksjokola­de • 50 g witsjokola­de, gesmelt • 12 x 10 cm-stukke tou

Verhit room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel in pot oor kookwater. Laat mengsel buite yskas stol tot romerig – soos bottervers­iersel. Indien te hard gestol, gee dit twee draaie in mikrogolfo­ond. Skep in spuitsak met 1 cm-skerprandt­uit. Plaas munte op bakplaat en druk tuit bo-op. Spuit mengsel uit terwyl jy tuit stadig lig tot trane vorm, lig dan vinnig op en weg sodat ’n skerp punt agterbly. Druk 2 amandels in elk vir ore. Herhaal tot al die sjokolade op is. Laat stol in yskas tot hard. Smelt baksjokola­de oor pot kookwater. Plaas gestolde rotte op vurk se punt en doop elk in sjokolade tot bedek. Plaas op bakpapier en laat stol. Maak oë en neuse met witsjokola­de en plak tou-sterte vas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa