Po­me­lo-li­mo­na­de

Dis prop­vol ge­son­de vi­ta­mien C en baie lek­ker. Selfs die groot­men­se sal hier­van hou!

Sarie Partytjie - - Inhoud -

ge­noeg vir 2 li­ter

• sap van 10 rooi po­me­lo’s

• 125 ml sui­ker

• sap en skil van 2 suur­le­moe­ne

• 1 kg ge­breek­te ys

• 2 li­ter so­da­wa­ter

Plaas po­me­lo­sap, sui­ker, sap en skil van suur­le­moe­ne in ’n mid­del­slag­pot. Bring tot kook­punt oor ma­ti­ge hit­te en laat kook vir 5 mi­nu­te. Ver­wy­der van hit­te en laat af­koel. Plaas in ys­kas tot ys­koud. Gooi stroop deur sif in ’n groot be­ker of hou­er van jou keu­se. Voeg ge­breek­te ys en so­da by en meng. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.