Mal­va­lek­kers

Laat die kin­ders hul eie mal­va­lek­kers oor die ko­le braai. LET WEL Vol­was­se toe­sig is nood­saak­lik wan­neer kin­ders na­by ’n vuur of warm ko­le is.

Sarie Partytjie - - Inhoud -

ge­noeg vir 12

• 30 ml ge­la­tien • 125 ml koue wa­ter • 440 g (500 ml) strooi­sui­ker • 250 ml kook­wa­ter • 5 ml va­niel­je­geur­sel • 100 g fyn klap­per • 200 g don­ker­sjo­ko­la­de, ge­smelt • 1 x 250 g-pak­kie Ma­rie-koe­kies

Week ge­la­tien in koue wa­ter vir 5 mi­nu­te. Smelt in pot oor kook­wa­ter. Plaas in e­lek­trie­se men­ger se bak saam met sui­ker, kook­wa­ter en va­niel­je. K­lits by hoë spoed vir 10 mi­nu­te of tot dik meng­sel. Gooi meng­sel in 30 x 20 cm-bak wat goed met kleef­we­ren­de kos­sproei ge­spuit is. Laat stol in ys­kas vir 2 – 3 uur. Keer uit op kap­plank. Ge­bruik ron­de koe­kie­druk­ker met 3 cm-deur­snee en druk sir­kels uit. Rol in klap­per. By die par­ty­tjie ryg jy die mal­va­lek­kers op s­tok­ke en laat die kin­ders dit goud­bruin braai oor warm ko­le. Skep sjo­ko­la­de op en sit el­ke lek­ker tus­sen 2 koe­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.