Sarie Partytjie

Skuimpie-akkers

My ma het altyd vir ons skuimpies gemaak, die grênd woord meringue pas nie daarby nie!

-

genoeg vir 12

• 4 eierwitte • 320 g (380 ml) strooisuik­er • 20 ml witasyn • 15 ml mielieblom • 300 g donkersjok­olade, gesmelt • 12 klein ronde vanieljeko­ekies

Verhit oond tot 140 °C. Plaas eierwitte in skoon mengbak en klits by hoë spoed tot sagte punte vorm, sowat 2 – 3 minute. Terwyl menger aan is, gooi strooisuik­er lepel vir lepel by. Hou aan klits vir nog 5 – 8 minute tot blink en styf. Voeg asyn en mielieblom by. Meng deur. Voer bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Skep meringue in spuitsak met ’n skerprand-tuit van 1,5 cm. Spuit rosette van 2 cm in deursnee en sowat 2 cm hoog. Bak vir 45 – 50 minute of tot

buitekant bros en binnekant nog malvalekke­ragtig is. Pak akkers op afkoelrakk­ie bo-op bakplaat en skep sjokolade oor tot heeltemal bedek. Laat stol. Plak met ekstra sjokolade op vanieljeko­ekies vas. Versier akkers met blaarkoeki­es (volg resep vir uilkoekies en maak blaarvorms).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa