Malva-koppies
Dié resep is maklik en goedkoop.
genoeg vir 30
• 30 ml gelatien • 125 ml koue water • 440 g (500 ml) strooisuiker • 250 ml kookwater • 5 ml vanieljegeursel • 30 roomyshorinkie-koppies
(sien bl. 4) • 100 g langwerpige kleur
strooisels
Week gelatien in koue water vir 5 minute. Smelt oor pot met kookwater. Plaas in elektriese menger se bak saam met suiker, kookwater en vanieljegeursel. Klits by hoë spoed vir 10 minute of tot mengsel dik is. Pak koppies op bakplaat en verdeel mengsel tussen die koppies. Plaas sowat ’n uur in die yskas om te stol. Sprinkel strooisels oor en sit voor.