Sarie Partytjie

Reënboogko­ekies

Dit lyk na moeite om dié koekies te maak, maar dis baie min werk en kinders is mal daaroor.

-

genoeg vir 24

• 2 eierwitte • 260 g (500 ml) versiersui­ker,

gesif • 24 sjokoladek­oekies • 100 g kleurstroo­isels

Meng eierwitte en versiersui­ker met draadklits­er tot gladde mengsel. Voer bakplaat met bakpapier uit. Dompel koekies in versiersui­kermengsel en lig uit met vurk. Laat ekstra mengsel afloop. Plaas op bakplaat. Herhaal met al die koekies. Sprinkel strooisels oor en laat staan tot gestol en hard – sowat 4 uur. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa