Sarie Partytjie

5 minute met koekbak-duo

Die pragkoeke in dié uitgawe is die handewerk van Mari-Louis Guy en haar broer Callie Maritz van www.cakebread.co.za. Ons het gaan inloer

-

Wat is die topwenk as jy kinderpart­ytjiekoeke bak?

Trek jou kinderskoe­ne aan en plaas jouself in die wêreld van jou haasbekkie of ampertiene­r. Vergeet dan al die reëls en geniet die voorreg om iets besonders vir jou kind te doen.

Wat mag jy nooit doen as jy so ’n koek bak nie?

’n Skeut rum ingooi nie! En ’n te groot koek bak nie – daar is iets ontsettend hartseer aan ’n onopgeëte gesnyde koek. Wees ook versigtig vir stokkies of te klein goetertjie­s wat nie eetbaar is nie. Nog ’n wenk: Moenie die koek alleen los met jou kinders voor die partytjie nie. Een van ons s’n het al ’n hap uit die hoek gevat en soldaatspe­elgoed in die Frozen-koek gedruk!

Wat is tans die koekgier vir kinderpart­ytjies?

Voorheen was 3D-koeke (uitgesnyde gedoentes) in die mode, maar nou word lae koek op mekaar gestapel. Gaan gek en versier dit oordadig – met enigiets van druppels wat afloop, tot koekies, krummels, meringues of wat ook al.

Betowering word gevind in die wêrelde van Elon Musk en ons was nog nooit so baie met die

maan, sterre en komete gepla nie. Alles van ’n wêreld net buite ons bereik is gewild. Dink maar aan die eenhoring ( unicorn) se magiese krag wat bly bekoor, en reënboë wat oral te sien is.

Roomyskoek­e is ook groot en wat ons op die oomblik vir ons kinders maak. Dit is reeds dae voor die tyd klaar en elke krieseltji­e word geëet.

As ek niks kan bak nie, hoe kan ek steeds sorg vir ’n kinderpart­ytjiekoek?

Nog nooit was dit makliker om ’n verjaardag­koek op te tower nie. Met klaargemaa­kte sponskoeke en selfs reeds aangemaakt­e winkelvers­iersel het jy net nodig om dit kreatief te versier. Of nog makliker, maak ’n roomyskoek (soos op die voorblad)!

Bottervers­iersel of fondant?

As dit by smaak kom, wen bottervers­iersel elke keer. Ons versier ook eerder met gekoopte lekkertjie­s as fondantfig­uurtjies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa