Bit­ter­le­moen­sjo­ko­la­de­truf­fels

Sarie Partytjie - - Myself -

(bl. 9) Maak dié ryk truf­fels voor­af om om die kamp­vuur te ge­niet. ge­noeg vir 30 blok­kies

• 50 g strooi­sui­ker • 30 ml wa­ter • 200 ml vars­uit­ge­druk­te

le­moen­sap (so 3 le­moe­ne) • 250 g goeie don­ker­sjo­ko­la­de,

fyn­ge­kap • 100 ml dik room • 10 ml lig­te musco­va­do-sui­ker • knip­pie sout • 25 g fyn­ge­kap­te ver­sui­ker­de

le­moen­skil • ka­ka­o­poei­er vir oor­sif

Voer ’n vier­kan­ti­ge bak­pan van 17 x 17 cm met bak­pa­pier uit. Ver­hit strooi­sui­ker en 30 ml wa­ter in klein ka­strol tot kook­punt. Laat kook tot dit ’n goue ka­ra­mel­kleur kry en draai en kan­tel die ka­strol so­dat dit e­we­re­dig bruin raak – hoog­stens ’n paar mi­nu­te. Haal van plaat af en voeg le­moen­sap ver­sig­tig by. Laat oor ma­ti­ge hit­te kook tot meng­sel met helf­te ver­min­der het en daar om­trent 100 ml stroop oor is. Haal van plaat af. Sit in­tus­sen sjo­ko­la­de in bak. Ver­hit room en musco­va­do­sui­ker in klein ka­strol tot dit net be­gin kook en sui­ker op­ge­los is. Gooi dié vuur­warm meng­sel oor sjo­ko­la­de, voeg knip­pie sout by en roer lig­gies tot sjo­ko­la­de ge­smelt is. Voeg warm ka­ra­mel­le­moen­sous by en roer lig­gies om te meng. Voeg ver­sui­ker­de le­moen­skil by en roer lig­gies deur. Voer ’n bak­plaat met bak­pa­pier uit en spuit met kleef­we­ren­de kos­sproei. Giet meng­sel in bak­plaat en s­meer bo­kant ge­lyk met pa­let­mes. Laat af­koel voor jy bak be­dek en vir min­stens 2 uur in ys­kas sit tot ferm. Sit truf­fels voor deur ’n la­gie ka­kao oor te sif en dan met warm kom­buis­mes in blok­kies te sny. Doop mes tus­sen el­ke sny in vuur­warm wa­ter en druk droog op kom­buis­pa­pier – dit sal jou help sny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.