Tof­fie-ap­pels

Sarie Partytjie - - Myself -

(bl. 10) Wie kan nee sê vir ’n bloed­rooi tof­fie-ap­pel? Nie ons nie! ge­noeg vir 14 ap­pels

• 14 so­sa­tie­stok­kies • 14 rooi ap­pels • 500 g sui­ker • 100 g glu­ko­se­poei­er (kyk

by ap­teek) • 125 ml wa­ter • 30 g bot­ter • 10 ml rooi kos­kleur­sel

Steek ’n so­sa­tie­stok­kie in el­ke ap­pel. Plaas sui­ker, glu­ko­se en wa­ter in ’n mid­del­slag­pot. Roer oor lae hit­te tot sui­ker op­ge­los is. B­ring tot kook­punt en laat vin­nig kook tot die stroop 150 ˚C meet, so­wat 8-10 mi­nu­te (sien wenk aan ein­de). Voeg bot­ter en voed­sel­kleur­sel by en meng met ’n hout­le­pel tot in­ge­meng. Doop el­ke ap­pel ver­sig­tig in warm stroop deur die stok­kie as hand­vat­sel te ge­bruik. Plaas op bak­pa­pier wat met kleef­we­ren­de kos­sproei ge­spuit is. Laat af­koel tot hard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.