MAAK DIT SELF
LINT-ROSETTE
Gee vir elke kind een, of gebruik dit as versierings. Knip sirkels uit karton en plak stukke ingerygde lint al om die rand vas. Rond die voorkant met ’n kleiner, versierde kartonsirkel af.
BLOMHOED
Gebruik ’n gomgeweer om kuns- en/ of papierblomme aan die onderkant en op die punt van gewone partytjiehoede vas te plak.