Pienk spring­mie­lies

Sarie Partytjie - - Myself -

(bl. 20) Sit die spring­mie­lies in pret­ti­ge hou­ers voor. Ons het ou tro­feë ge­bruik wat met ek­stra rosette ver­sier is. ge­noeg vir 10

• 45 ml son­ne­blom­o­lie • 180 g spring­mie­lie­pit­te • 100 ml wa­ter • 300 g strooi­sui­ker • pienk kos­kleur­sel

Ver­hit son­ne­blom­o­lie in ’n groot pot. Voeg spring­mie­lie­pit­te by, sit dek­sel op en wag tot die mie­lies op­hou spring. Ver­wy­der van plaat. Ver­hit wa­ter en strooi­sui­ker in ’n an­der pot. Roer tot sui­ker op­ge­los het en haal stroop van plaat af. K­leur stroop met ’n paar drup­pels pienk kos­kleur­sel. Giet oor spring­mie­lies en meng goed deur. Sit voor in bak­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.