Maklike reënboogkoek
Partytjiekoeke kan jou slapelose nagte gee, maar Glad- bakpapier maak dit makliker omdat jy weet die koek sal nie vassit aan die pan nie
Reënboogkoek
genoeg vir 1 groot koek
2 x 600 g-bokse vanieljekoekmengsel 4 eiers 500 ml melk 100 g kleurstrooisels ( rainbow vermicelli) VERSIERSEL 500 g botter 750 g versiersuiker, gesif 5 ml vanieljegeursel 200 g kleurstrooisels 12 pastelkleur meringues
Verhit oond tot 180 °C. Voer bodem en kante van drie ronde panne van 20 cm in deursnee uit met Glad- bakpapier (foto 1). Maak koekmengsels aan volgens aanwysings op boks. Meng kleurstrooisels by en verdeel beslag tussen die panne (foto 2). Bak vir 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Terwyl koeke bak, maak versiersel: Klits botter met elektriese menger tot lig en romerig. Voeg versiersuiker en vanielje by en meng goed. Keer koeke uit en laat afkoel tot koud. Gebruik kartelrandmes en sny elke koeklaag se bokant mooi gelyk. Plaas eerste laag pankant na onder op opdienbord. Smeer ¼ van versiersel oor en plaas tweede laag pankant na onder bo-op. Smeer nog ’n ¼ van versiersel oor en plaas laaste koeklaag pankant bo bo-op. Smeer orige versiersel bo-op en rondom koek. Hou ’n bietjie versiersel eenkant as jy rosette bo-op koek wil spuit. Bedek die hele koek met kleurstrooisels. Rond af met meringues.