’n Vuur­pyl van pof­fers is net wat no­dig is vir ’n soet reis na die maan Her­man

Sarie Partytjie - - Mystyl -

Jy kan die pof­fers voor die tyd maak en vries. Vir ’n klei­ner vuur­pyl kan jy die re­sep hal­veer. ge­noeg vir om­trent 100 pof­fers

POF­FERS • 500 ml melk of wa­ter • 250 g bot­ter • 5 ml sout • 375 g koek­meel • 625 g ei­ers (10-12), lig­gies

ge­klits, plus 1 ek­stra

Ver­hit melk of wa­ter, bot­ter en sout in ’n groot pot. Haal van plaat af wan­neer bot­ter ge­smelt het en meng­sel be­gin kook. Voeg da­de­lik al die meel by en roer vin­nig met ’n hout­le­pel of si­li­koon­spa­tel. Sit pot te­rug oor ma­ti­ge hit­te en roer aan­hou­dend tot ’n bol vorm. Sit deeg in ’n men­ger met ’n meng­s­paan ( K-be­a­ter) en k­lits baie sta­dig tot dit koel voel as jy daar­aan raak. Laat men­ger teen ge­mid­del­de spoed loop en voeg ge­klits­te ei­er bie­tjies-bie­tjies by en k­lits goed ná el­ke by­voe­ging. Be­dek deeg met kleef­plas­tiek en sit vir 2 uur in ys­kas. Ver­hit oond tot 220 °C. Voer 4 bak­pla­te met bak­pa­pier uit en spuit met kleef­we­ren­de kos­sproei. Sit ’n 1 cm-sker­prand­tuit in ’n spuit­sak en vul sak half­pad met die koue deeg. Hou punt 1 cm van bak­pa­pier en spuit ho­pies deeg van 2-3 cm groot. Lig spuit­sak el­ke keer vin­nig boon­toe om deeg “af te breek”. K­lits ek­stra ei­er goed. Doop ’n vurk in ei­er voor jy dit lig­gies op die deeg­ho­pies druk. Druk vurk in twee rig­tings om ’n ruit­pa­troon te vorm. Plaas in oond en bak vir 15 mi­nu­te tot heel­te­mal uit­ge­pof. Draai tem­pe­ra­tuur la­er tot 190 °C (son­der om die oond­deur oop te maak) en bak tot o­ral­oor goud­bruin en ferm. Laat op bak­plaat af­koel en bê­re in ’n lug­dig­te hou­er.

VLAVULSEL • 1 li­ter melk • 250 g sui­ker, plus ek­stra vir

oor­sif • 4 groot ei­er­ge­le, plus 2 groot

ei­ers • 85 g mie­lie­blom • 60 g bot­ter • 15 ml va­niel­je­geur­sel

Gooi melk en helf­te van sui­ker in ’n groot pot en ver­hit oor ma­ti­ge hit­te tot sui­ker op­ge­los het. Ver­hit ver­der tot dit net­net be­gin kook. Plaas ei­er­ge­le en ei­ers in meng­bak en k­lits goed met ’n draad­klit­ser. Sif mie­lie­blom by, voeg o­ri­ge sui­ker by en k­lits tot glad en lig. Wag tot melk kook­punt be­reik en k­lits ’n kwart in ’n dun straal­tjie by ei­er in. Roer ei­er­meng­sel sta­dig by res van melk in pot. Roer aan­hou­dend oor ma­ti­ge hit­te tot vla ver­dik, haal van plaat af en roer bot­ter en va­niel­je by. Gooi vla deur ’n sif, s­prin­kel ’n bie­tjie sui­ker oor en be­dek met kleef­plas­tiek om te keer dat ’n vel vorm. Sit oor­nag in ys­kas.

Vul pof­fers só: Maak ’n gaat­jie met ’n so­sa­tie­stok­kie in el­ke pof­fer. Sit ’n klein ron­de spuit­stuk in ’n spuit­sak en vul sak met vla. Spuit vul­sel by gaat­jie in tot pof­fer swaar voel, maar op­pas om dit té vol te spuit.

FON­DANT EN AANMEKAARSIT

Voor jy be­gin, t­rek ’n po­lis­ti­reen-ke­gel van so 35 cm hoog oor met pa­pier en sit dit op ’n koek­staan­der. Maak die fon­dant aan en plak die pof­fers eers 1-3 uur voor jy dit wil voor­sit om­dat dit nie lank sal bly klou nie.

• 650 g ge­sif­te ver­sier­sui­ker • 125 ml vloei­ba­re glu­ko­se • 180 ml wa­ter • jel­kos­kleur­sel (op­si­o­neel)

Plaas ver­sier­sui­ker, glu­ko­se en wa­ter in ’n glas­bak bo ’n pot met ’n bie­tjie kook­wa­ter en meng. Hou hit­te laag so­dat wa­ter warm bly. Voeg ’n bie­tjie wa­ter by die meng­sel in­dien dit te dik is. K­leur fon­dant met jel­kos­kleur­sel (op­si­o­neel). Doop bo­kant van pof­fers in fon­dant en sit een­kant om hard te word. Maak nog fon­dant in­dien no­dig, maar be­gin van voor af en moe­nie van die o­ri­ge meng­sel by­voeg nie – die sui­ker kan kris­tal­li­seer. Doop dan on­der­kan­te van pof­fers in fon­dant. Plak al om ke­gel van on­der af boon­toe. Hou el­ke pof­fer vir ’n paar se­kon­des in plek so­dat dit kan af­koel en stol. Rond vuur­pyl af met pa­pier­ver­sie­rings van jou keu­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.