VLIEËNDEPIERINGPIÑATA

Sarie Partytjie - - Mystyl -

Hang die piña­ta aan ’n ste­wi­ge tak of balk en laat die kin­ders beur­te maak om dit stuk­kend te slaan tot­dat die lek­ker­goed uit­val. Maak dit só Koop drie ron­de kar­ton­bok­se (met dek­sels) van ver­skil­len­de groot­tes en sta­pel dit van groot na klein op­me­kaar. T­rek die om­trek van die twee boon­ste bok­se op die dek­sel na van die boks waar­op dit staan. Sny die sir­kels uit die dek­sels, maar sny dit ef­fens klei­ner so­dat die bok­se nog op die dek­sels kan staan son­der om deur te val. Sny ’n klein gleuf in die boon­ste (klein­ste boks se) dek­sel. Sta­pel alles weer op­me­kaar en plak die de­le ste­wig aan me­kaar met ’n warm­gom­ge­weer. Hou die bo­kant eers oop. Ver­sier nou die piña­ta met stro­ke snees­pa­pier waar­in frai­ings ge­knip is. Ge­bruik al­kant­plak­band om die stro­ke te plak en werk van on­der af boon­toe. Wan­neer jy bo kom, vul die piña­ta met sag­te lek­kers. Ryg ’n dub­bel­ge­vou­de stuk lint deur die gleuf in die boon­ste dek­sel en knoop die pun­te ste­wig vas aan die on­der­kant. Plak die dek­sel vas en rond dit met snees­pa­pier af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.