C­hur­ros met warm ka­neel­sjo­ko­la­de

Sarie Partytjie - - Myinspirasie -

(bl. 64) An­der­ste doughnuts wat lek­ker is om so staan-staan te eet. ge­noeg vir 6-8

• 250 ml wa­ter • 60 ml bot­ter • 30 ml bruin­sui­ker • 140 g (250 ml) koek­meel • 3 ei­ers • 1 ei­er­geel • 5 ml va­niel­je­geur­sel • son­ne­blom­o­lie vir diep­braai • 200 g strooi­sui­ker • 30 ml fyn ka­neel

WARM SJO­KO­LA­DE • 300 g don­ker­sjo­ko­la­de • 500 ml room • 20 ml fyn ka­neel

B­ring wa­ter, bot­ter en sui­ker oor ma­ti­ge hit­te tot kook­punt. Voeg koek­meel by en roer met hout­le­pel tot alles in een bal saam­kom. Ver­wy­der van hit­te en voeg ei­ers en ei­er­geel een vir een by. Meng goed ná el­ke by­voe­ging. Voeg va­niel­je by en meng. Ver­hit son­ne­blom­o­lie tot warm in ’n mid­del­slag­pot. Skep be­slag in spuit­sak met ’n 1 cm­tuit. Spuit wor­se van so 5 cm in warm o­lie en braai tot goud­bruin en bros, 5-8 mi­nu­te. Meng strooi­sui­ker en ka­neel. D­rei­neer c­hur­ros op kom­buis­pa­pier en rol da­de­lik in ka­neel­sui­ker.

Warm sjo­ko­la­de: Plaas be­stand­de­le in ’n mid­del­slag­pot. Roer oor lae hit­te tot glad. Sit c­hur­ros voor met warm sjo­ko­la­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.