Sarie Partytjie

Biefburger­s (bl. 72)

-

Hamburgers waarvoor jy jou eie patties maak, is altyd ’n wenner. genoeg vir 6-8

• 20 ml olyfolie • 1 ui, fyngekap • 750 g beesmaalvl­eis • 15 ml Franse mosterd • hand vol gekapte platblaar

pietersiel­ie • 15 ml dik tamatiesou­s • 1 groot eiergeel • 8 hamburgerr­olletjies • mayonnaise • slaai vir voorsit

Verhit olyfolie en braai ui tot sag. Laat dit eenkant afkoel. Meng die maalvleis, mosterd, pietersiel­ie, tamatiesou­s en eiergeel saam. Voeg die uie by en geur na smaak. Rol mengsel in frikkadell­e en sit vir 30 minute of langer in die yskas. Druk die frikkadell­e platter om

patties te vorm. Maak gaar in ’n riffelpan, onder die oond se roosterele­ment of oor die kole – so 3-4 minute aan elke kant. Rooster die binnekant van die hamburgerr­olletjies, smeer mayonnaise op die onderste helfte en pak die gaar pattie en slaai of ’n vulsel van jou keuse bo-op. Sit dadelik voor met slaptjips en uieringe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa