Sarie Partytjie

Margherita-pizza

-

Dis seker die eenvoudigs­te vorm van pizza, maar steeds die lekkerste. genoeg vir 2 groot pizzas

• 500 g witbroodme­el • 1 x 10 g-sakkie kitsgis • 5 ml suiker • 2 ml sout • 300 ml louwarm water

Meng meel, gis, suiker en sout in ’n mengbak. Voeg louwarm water by en maak aan tot ’n deeg. Knie deeg op ’n meelbestro­oide werkvlak tot glad en elasties – jy moet minstens 10 minute knie. Smeer ’n groot mengbak met ’n klein bietjie olyfolie (dit sal keer dat die deeg in die bak vassit) en sit die deeg daarin. Smeer deeg bo-op met ’n klein bietjie olyfolie en maak bak toe met kleefplast­iek. Laat deeg tot dubbel die volume rys. Knie deeg af en vorm in ’n bal.

BO-OP • 600 g mozzarella­kaas, in

skywe gesny • 8-10 groot rosatamati­es, in

skywe gesny • sowat 4 takkies vars origanum • groot hand vol vars

basiliebla­re • sout en varsgemaal­de

swartpeper na smaak

Verhit oond tot 240 °C. Verdeel die uitgerysde deeg in 4 gelyke dele. Vorm die deeg met jou hande in ’n ovaalvorm of rol dit met ’n koekroller uit. Sprinkel ’n bietjie meel op ’n bakplaat en sit die pizzadeeg bo-op. Pak eerste die skywe kaas op die basis, dan die tamatie. Strooi vars origanum en basiliebla­re oor. Besprinkel met olyfolie en geur met sout en peper. Bak in warm oond vir sowat 10 minute.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa