Sarie Partytjie

Pienk doughnuts

-

Maak genoeg hiervan, want die gaste gaan weer ’n draai by die tafel maak. genoeg vir 10-12

• 30 ml louwarm water • 125 ml louwarm melk • 30 ml strooisuik­er • 20 ml heuning • 80 g botter, gesmelt • 2 eiers • 1 x 10 g-sakkie kitsgis • 350 g (625 ml) koekmeel, plus

ekstra vir uitrol • 10 ml karamelgeu­rsel • sonneblomo­lie vir diepbraai • kaneelsuik­er (meng 200 g

suiker met 20 ml fyn kaneel)

VERSIERSEL • 130 g (250 ml) versiersui­ker,

gesif • pienk koskleurse­l • roosgeurse­l • amandelgeu­rsel • klein gedroogde roosknoppi­es en geroosterd­e amandelvlo­kkies, om te versier

Plaas louwarm water en melk, suiker, heuning, botter, eiers, gis, koekmeel en geursel in elektriese menger. Klits by hoë spoed met mengspaan ( K-beater) tot die hele mengsel in een bal saamkom. Sit deeg in skoon bak. Maak toe met kleefplast­iek en laat rys 45- 60 minute op ’n warm plek of tot dubbel die volume. Sprinkel meel op werkvlak, keer deeg uit en gebruik jou vingerpunt­e om deeg tot sowat 1 cm dik plat te druk. Druk met ’n ronde koekiedruk­ker van sowat 8 cm in deursnee sirkels uit. Vat ’n kleiner een van 2 cm en druk ’n gaatjie in die middel van elke groot deegsirkel. Plaas deegringe op ’n bakplaat wat met meel besprinkel is en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute. Verhit intussen sonneblomo­lie tot warm en plaas deegringe in warm olie. Braai sowat 3-5 minute per kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier en rol in kaneelsuik­er.

Versiersel: Meng die versiersui­ker met ’n bietjie warm water om ’n dik glansversi­ersel te maak. Verdeel die versiersel in die helfte en kleur die een helfte met ’n druppel pienk koskleurse­l. Voeg ’n paar druppels roosgeurse­l by die pienk versiersel. Voeg ’n druppel amandelgeu­rsel by die wit versiersel. Roer dit deur. Smeer die versiersel oor die doughnuts. Rond die pienkes af met droë roosknoppi­es en die wittes met geroosterd­e amandelvlo­kkies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa