Kraak­lek­ker mal­va­lek­ker­lol­lies

Sarie Partytjie - - Mystyl -

Sag­te stok­kie­lek­kers vir klein tand­jies. ge­noeg vir 14

• 450 g mal­va­lek­kers • 150 g bot­ter • pienk kos­kleur­sel • 270 g pof­rys-ont­byt­graan • veel­kleu­ri­ge strooi­tjies • veel­kleu­ri­ge ver­mi­cel­li,

om te ver­sier • lin­te, om te ver­sier (op­si­o­neel)

S­melt mal­va­lek­kers en bot­ter saam in ’n groot pot ter­wyl jy af en toe roer. Roer ’n paar drup­pels pienk kos­kleur­sel by. Haal van plaat af en roer ont­byt­graan by tot alles be­dek is. Voer ’n bak­plaat met bak­pa­pier uit en spuit met kleef­we­ren­de kos­sproei. Skep die ont­byt­graan meng­sel op die bak­plaat en druk plat tot o­ral ewe dik. Sit een­kant om af te koel en ferm te word. Ge­bruik dan ’n ron­de koe­kie­druk­ker om sir­kels uit die meng­sel te sny. Druk ’n strooi­tjie in die kant van el­ke sir­kel in so­dat dit soos stok­kie­lek­kers lyk. Sprei ver­mi­cel­li uit op ’n plat bord en druk die sir­kels daar­in. Ver­sier met lin­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.