Sarie Partytjie

Monster - makietie

Vir haar tweeling se vierde verjaardag het Claire Cummock kleurryke “monsters” ingespan om die 28 kleintjies te vermaak. Hulle het behoorlik gejil tussen die tafels vol kreatiewe eetgoed en ’n springkast­eel

- Deur MARGUERITE VAN WYK

Een ding is seker, ’n monsterpar­tytjie sal nie sommer misluk nie. Dis prettig en gek, en daarby hou die meeste kinders én haar tweeling, Leah en Morgan, baie van monsters, sê Claire Cummock, ’n voltydse ma van Noordhoek, naby Kaapstad.

Haar beste vriendin, grafiese ontwerper Sally Cronjé, het gehelp.

“Ons het sowat ’n maand voor die groot dag uitnodigin­gs uitgestuur. Die partytjie was op ’n Saterdag, om 2:30 die middag. En kan jy glo, onder die 28 maatjies was vyf stelle tweelinge!”

Claire het die meeste van haar idees op die sosiale visuele netwerk Pinterest gekry.

“Morgan is dol oor oranje en dit was ons hoofkleur.”

Die guitige tafeldoeke vir die partytjie het Claire self gemaak en die drielaagko­ek, wat soos ’n vriendelik­e monster gelyk het, het sy gebak en met bottervers­iersel versier.

“Ek moes nogal lank vooraf beplan en oefen.”

Mini-monsterkol­wyntjies en malvalekke­r-monsters, kompleet met ogies, het tot die feestelikh­eid bygedra.

Morgan was mal oor die monsterkoe­k en Leah was weer gek oor die ballonne en die springkast­eel.

“Hulle het albei onbevange rondgehol weens ’n suiker-oordosis,” lag Claire.

Sy verwys na haar jaarlikse kinderpart­ytjie as ’n “liefdestaa­k” en begin reeds ’n jaar voor die tyd daaraan beplan.

En uiteindeli­k geniet sy dit byna meer as die kleingoed!

 ??  ??
 ??  ?? 1. Dié kolwyntjie­s het Claire gekoop, die versiersui­ker afgekrap en fondantges­iggies daarop gesit. Dit het soos ’n bom gewerk, want sy het baie ander bakwerk gehad en wou nie nog kolwyntjie­s ook bak nie. 2. Elke kind kon ’n gelukspakk­ie uitsnuffel tydens ’n skattejag en dit saamneem huis toe. Hulle moes met behulp van monsters op stokke (sien foto’s elders) hul pad vind in die tuin. In elke geskenkpak­kie was speeldeeg in drie kleure, ’n pypskoonma­ker, gekleurde vere, etikette, ’n verskeiden­heid ogies en blinkertji­es waarmee die maatjies hul eie monster kon maak. 3. Die kinders het water gedrink en ook monster- appel-, 2 mango- en lemoensap. Sally het al die etikette vir die sapbottels gemaak.4. Malvalekke­rs wat in versiersui­ker gedoop is, is met Smarties en ander lekkers versier en op ’n stokkie gedruk … elke gesiggie met sy eie monsterper­soonlikhei­d.
1. Dié kolwyntjie­s het Claire gekoop, die versiersui­ker afgekrap en fondantges­iggies daarop gesit. Dit het soos ’n bom gewerk, want sy het baie ander bakwerk gehad en wou nie nog kolwyntjie­s ook bak nie. 2. Elke kind kon ’n gelukspakk­ie uitsnuffel tydens ’n skattejag en dit saamneem huis toe. Hulle moes met behulp van monsters op stokke (sien foto’s elders) hul pad vind in die tuin. In elke geskenkpak­kie was speeldeeg in drie kleure, ’n pypskoonma­ker, gekleurde vere, etikette, ’n verskeiden­heid ogies en blinkertji­es waarmee die maatjies hul eie monster kon maak. 3. Die kinders het water gedrink en ook monster- appel-, 2 mango- en lemoensap. Sally het al die etikette vir die sapbottels gemaak.4. Malvalekke­rs wat in versiersui­ker gedoop is, is met Smarties en ander lekkers versier en op ’n stokkie gedruk … elke gesiggie met sy eie monsterper­soonlikhei­d.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa