Sarie Partytjie

Pienk doughnuts

-

(bl. 79) Niemand kan nee sê nie. genoeg vir 8

• 125 ml louwarm melk • 30 ml strooisuik­er • 20 ml heuning • 80 g botter, gesmelt • 2 eiers • 1 x 10 g-sakkie kitsgis • 350 g (625 ml) koekmeel plus ekstra vir uitrol • 5 ml vanieljege­ursel • 130 g (250 ml) versiersui­ker • sap van 1 suurlemoen • pienk koskleurse­l • olie vir diepbraai • 200 g (250 ml) kaneelsuik­er • hand vol kleurstroo­isels ( hundreds andthousan­ds)

Plaas melk, suiker, heuning, botter, eiers, gis, koekmeel en geursel in elektriese menger se bak. Klits by hoë spoed met mengspaan ( K-beater) tot mengsel in een bal saamkom. Sit deeg in skoon bak. Draai toe met kleefplast­iek en laat rys 45-60 minute op ’n warm plek of tot dubbel die volume. Sprinkel meel op werkvlak, keer deeg uit en druk plat met vingerpunt­e tot sowat 1 cm. Druk met ’n ronde koekiedruk­ker van sowat 8 cm sirkels uit. Vat ’n kleiner een van 2 cm en druk ’n gaatjie in die middel van elke groot deegsirkel. Plaas deegsirkel­s op ’n bakplaat wat met meel besprinkel is en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 10 minute. Terwyl deeg rys, meng versiersui­ker en suurlemoen­sap. Kleur versiersel pienk met paar druppels kleursel. Verhit intussen sonneblomo­lie en gooi deegsirkel­s in warm olie. Braai 3-5 minute per kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier en rol in kaneelsuik­er. Doop elke doughnut in pienk versiersel. Sprinkel strooisels oor. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa