Sarie Partytjie

Die speletjies

-

Draai ’n prys los

Verf ’n ronde houtbord swart met swartbordv­erf. Boor ’n gat in die middel. Maak ’n bout en moer vas in die gaatjie – onthou, dit moet in die rondte kan draai. Knip ’n pyl uit karton en heg aan bout en moer met warm gom. Verdeel bord met kryt in segmente en skryf ’n nommer in elke segment. Maak 12 pakkies op – elf is leeg en die twaalfde het ’n lekker prys in. Gaste draai die pyl om die beurt vir die prys.

Ballonbede­rf

Kyk by tweedehand­swinkels of antieke markte vir ou skooltrofe­ë. Heg aan elkeen ’n deursigtig­e ballon met goue confetti binne-in. Skryf met swart pen op elke ballon ’n toekenning vir jou gaste, bv. wie het die mooiste skoene aan, ens. Deel die trofeë aan die einde van die partytjie uit as geskenk.

Wie is die ster?

Google foto’s van Hollywood-animasieka­rakters. Ons dink aan rolprente soos Coco,Moana,Ferdinand,Frozen en FindingDor­y. Druk ’n paar uit op A4kartonne. Sny elke karton op in lang repe, maar hou elke karakter se repe in een bondel. Plaas bondels apart in verskeie glaspotte. Die spelleier weet wie die karakter in die pot is en trek elke keer ’n ander reep uit. Gaste raai dan wie die karakter is. Die een wat eerste raak raai, is die wenner.

Fotohoekie

Dis altyd pret om foto’s van gaste te neem. Sorg vir maskers met ou Hollywood-gesigte op en ’n paar ander rekwisiete. Gee vir gaste weggooibar­e kameras met film in. Neem foto’s van gaste met maskers en ontwikkel dit later om die partytjie te onthou.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa