Sarie Partytjie

“O nee,” antwoord die meisie. “Ek het nie ’n oog toegemaak nie. Dit was asof daar ’n klip onder my matras was.”

-

Plaatkoeki­e-suigstokki­e

(bl. 26) Kies kortpad met ’n gekoopte plaatkoeki­e-mengsel wat jy self braai. genoeg vir 16 • 1 x 500 g-pak plaatkoeki­e-mengsel

(ons het Snowflake s’n gebruik) • 500 ml melk • 2 eiers • 60 ml sonneblomo­lie • 50 g bakkie kleurstroo­isels • 45 ml botter, gesmelt • 16 hout-kebab-stokkies, gehalveer • jogurt vir voorsit Maak plaatkoeki­e-mengsel volgens aanwysings op pak aan met melk, eiers en sonneblomo­lie. Meng kleurstroo­isels by. Verhit bietjie botter tot warm in ’n kleefvrye pan. Skep eetlepels vol van die mengsel in die pan en plaas ’n houtstokki­e op elke koekie terwyl dit nog rou is. Wag tot borrels bo-op vorm, lig stokkie en plaatkoeki­e versigtig op en draai om – die stokkie bak vas in die koekie. Braai sowat 2 minute aan ander kant. Verwyder uit pan en herhaal met res van deeg. Sit warm voor met jogurt.

Roomyskoel­drank ( float)

(bl. 28) Grasgroen nes die ertjie wat die prinses wakker gehou het. genoeg vir 8 • 1 liter pistasie-roomys • 2 liter groen gaskoeldra­nk •16 kleur strooisel koekies( kyk op

koekierak) •8 papier strooitjie­s Skep balle roomys in groot glase van jou keuse. Gooi yskoue koeldrank oor roomys en laat dit begin skuim. Plaas koekies bo-op skuim en druk strooitjie­s in. Sit dadelik voor.

Sherbet met suigstokki­e

(bl. 28) ’n Ou gunsteling. Maak vir elke kind sy eie fles vol van die lekkerte waaraan hulle heelnag kan eet - hulle doop die suigstokki­es in die sherbet en lek dit af. genoeg vir 8 • 3 x 80 g-boksies jellie

(kies drie geure) • 75 ml koeksoda • 300 ml versiersui­ker • 45 ml sitroensuu­r • suigstokki­es vir voorsit Meng elke boksie jellie apart met 25 ml koeksoda, 100 ml versiersui­ker en 15 ml sitroensuu­r. Verdeel tussen glasflesse en sit voor met suigstokki­es.

Pantoffel skuimpies

(bl. 29) Geur die meringues met rooswater vir ’n lekker anderste geur. genoeg vir 24 • 4 eierwitte • 250 g (300 ml) strooisuik­er • 10 ml roosstroop • 30 ml wit asyn • droë roosblare Verhit oond tot 140 °C. Klits eierwitte in elektriese menger tot sagte punte vorm. Gooi strooisuik­er geleidelik by en hou aan klits tot mengsel blink en styf is. Voeg geursel en asyn by, en klits tot gemeng. Skep meringue-mengsel in spuitsak met 1 cm-stertuit. Voer bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Spuit meringue in lang 10 cm-worsies op papier. Spuit op elke punt van meringue-worsie ’n roset van so 2 cm in deursnee. Sprinkel roosblare oor en bak 60 minute of tot bros, maar steeds sag binne. Skakel oond af en laat afkoel op bakplaat in oond. Sit voor.

Poffertjie­toring

(bl. 29) Dit kan sommer ook die koek van die partytjie wees as jy minder moeite wil doen. genoeg vir 1 groot toring • 500 ml water • 200 g botter • 10 ml sout • 280 g (500 ml) koekmeel • 8 eiers VULSEL • 5 eiergele • 150 g (180 ml) strooisuik­er • 100 g (210 ml) mielieblom • 500 ml melk • 260 g (500 ml) versiersui­ker • sap van 2 suurlemoen­e • pienk en groen koskleurse­l • 200 g (250 ml) suiker • 60 ml water Verhit oond tot 180 °C. Plaas water en botter in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt met deksel op. Voeg sout en meel gelyktydig by en roer met houtlepel tot alles in een bal saamkom. Hou op hitte en roer nog 3 minute. Verwyder van plaat en laat sowat 10 minute lank afkoel. Voeg eiers eeneen by. Meng elke keer goed. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de kossproei. Skep teelepels vol van die mengsel op die bakplaat. Bak 35-40 minute of tot goudbruin. Laat afkoel.

Vulsel Plaas eiergele en strooisuik­er in menger en klits tot lig en romerig. Klits mielieblom by. Verhit melk tot net onder kookpunt. Voeg by eiermengse­l terwyl jy roer. Gooi terug in pot oor hitte en roer 5-8 minute tot mengsel dik is. Roer nog 3 minute oor lae hitte. Gooi in skoon bak en plaas kleefplast­iek direk op die vulsel. Laat afkoel. Haal kleefplast­iek af en klits koue mengsel tot glad. Vul spuitsak daarmee. Maak ’n klein gaatjie in elke poffer met ’n dikkerige sosatiesto­kkie. Spuit vulsel in poffer. Meng versiersui­ker en suurlemoen­sap en voeg water by tot gladde mengsel vorm. Kleur 1/ liggroen en die res pienk.

3 Doop 1/ van gevulde poffers in groen

3 versiersel en plaas op bakplaat. Doop res van poffers in pienk versiersel. Laat staan sowat 20 minute tot droog. Plaas suiker en water in ’n skoon pot en bring tot kookpunt. Laat kook 5-8 minute of tot ’n goue karamel vorm. Doop gevulde poffers in karamel. Begin piramide bou. Die karamel sal sorg dat die balletjies aan mekaar vassit. Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa