Sarie Partytjie

Karringmel­kkoek

-

(bl. 14) Ek tooi die koek in ’n nuwe verjaardag­jas. Dit flop nooit! genoeg vir 1 koek • 195 g (210 ml) botter • 410 ml water • 70 g (175 ml) kakaopoeie­r • 420 g (750 ml) koekmeel • 10 ml koeksoda • 10 ml bakpoeier • 600 g (710 ml) suiker • 3 eiers • 190 ml karringmel­k

VERSIERSEL • 1 x 500 g-blok botter • 1 x 750 g-sak versiersui­ker • 10 ml vanieljege­ursel of saadjies van 1 vanieljepe­ul • 60 ml kakaopoeie­r • 1 x 365 g-blik karamelkon­densmelk

Verhit oond tot 160 °C. Plaas botter en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Voeg kakao by en meng. Sif meel, koeksoda, bakpoeier en suiker saam. Meng eiers en karringmel­k. Voeg bottermeng­sel en karringmel­kmengsel by droë bestanddel­e en meng goed. Spuit 3 ronde losboompan­ne van 18 cm met kleefweren­de kossproei en voer panne uit met bakpapier. Gooi beslag in panne en bak 40-45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat 10 minute in panne afkoel en keer uit op afkoelrak.

Versiersel Plaas botter in bak van elektriese menger en klits by hoë spoed tot romerig. Voeg versiersui­ker en vanieljege­ursel by en klits tot goed gemeng. Verdeel mengsel in twee en voeg kakao by een helfte. Sny drie koeke met riffelrand­mes in twee lae elk. Plaas eerste koeklaag op ’n bord en smeer 1/ van karamelkon­densmelk 5 bo-oor. Plaas nog ’n laag bo-op en smeer weer karamelkon­densmelk oor. Herhaal tot al die koeklae op is – eindig met skoon laag bo. Smeer koek toe met ½ van sjokoladev­ersiersel. Skep res van versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit. Skep ook die vanieljeve­rsiersel in spuitsak met 1 cm-tuit. Spuit nou om die beurt klein klontjies versiersel reg rondom en bo-op koek (sien foto). Gebruik teelepel se punt en trek oor versiersel­klontjies om patroon soos op foto te maak. Sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa