Sarie Partytjie

Brooklyn blackout-koek

-

(bl. 18) Mari-Louis Guy van Koekedoor het hierdie resep met my gedeel. genoeg vir 1 koek

• 150 g (165 ml) botter • 375 g (445 ml) strooisuik­er • 3 eiers • 60 g kakaopoeie­r • 6 ml bakpoeier • 6 ml koeksoda • knippie sout • 275 g (490 ml) koekmeel • 250 ml melk

STROOP • 100 g (125 ml) bruinsuike­r • 75 ml koffie-ekstrak

VULSEL • 375 ml water • 400 g (500 ml) suiker • 15 ml gouestroop • 120 g (300 ml) kakao • 250 ml melk • 80 g (165 ml) mielieblom • 100 g sjokolade • 60 g (65 ml) botter

Verhit oond tot 180 °C. Voer drie 20 cm-losboom-koekpanne uit met bakpapier en spuit deeglik met kleefweren­de kossproei. Room botter en suiker saam. Voeg eiers een-een by en meng goed ná elke byvoeging. Verlaag mengspoed en voeg kakao, bakpoeier, koeksoda en sout by. Meng helfte van meel by, dan al die melk, en laastens res van meel. Verdeel beslag tussen panne en bak 20-25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel in panne en keer uit. Kook bestanddel­e vir die stroop. Deel elke koek in twee met riffelrand­mes. Hou 5 mooiste lae en krummel 6de laag. Vulsel Kook water, suiker, gouestroop en kakao. Meng melk en mielieblom en voeg by kakaomengs­el. Hou aan roer oor hitte tot dik soos witsous, 3-4 minute. Verwyder van hitte en roer sjokolade en botter by tot glad. Skep in spuitsak en laat afkoel. Plaas eerste koeklaag op opdienbord. Bedek hele laag met koue vulsel. Plaas tweede laag bo-op en bedek weer met vulsel. Herhaal tot al die koeklae op is. Bedek hele koek met oorblywend­e vulsel en smeer gelyk met paletmes. Gebruik hande en bedek die koek met die krummels wat jy vroeër gemaak het. Versier met lang dun silwer en roosgoue kerse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa