Die koek Bed­koek

Sarie Partytjie - - Vir Meisies -

Al die koe­ke in dié tyd­skrif word ge­maak met ge­koop­te spons­koek, maar as jy jou eie koek wil bak, kan jy die ba­sie­se re­sep op bl. 6 ge­bruik.

ge­noeg vir 1 koek

kop­stuk-tem­plaat op SARIE.com 80 g (85 ml) bot­ter 80 ml gou­e­stroop 5 ml ka­ra­mel­geur­sel 70 g (90 ml) sag­te bruin­sui­ker 240 g (430 ml) bruis­meel 3 reg­hoek-spons­koe­ke van 25 x15 cm 1 x va­niel­je-bot­ter­ver­sier­sel (sien bl. 6) 3 x 200 g-pak­kies fon­dant­ver­sier­sel in ver­skil­len­de kleu­re geel fon­dant en eet­ba­re ver­sier­sel­blom­me

Stap 1

Druk kop­stuk-tem­plaat uit op A4-pa­pier. Ver­hit oond tot 180 °C. S­melt bot­ter, stroop, geur­sel en sui­ker saam oor lae hit­te. Ver­wy­der van hit­te en laat ef­fens af­koel. Gooi in groot meng­bak en voeg meel by. Meng goed tot sty­we, han­teer­ba­re deeg. Draai in kleef­plas­tiek toe en laat rus 25-30 mi­nu­te of tot koud in ys­kas. Rol deeg uit op bak­pa­pier wat met meel be­strooi is tot so­wat 3 mm dik. Sny bed se kop­stuk­pa­troon uit deeg. Lig dit met pa­pier en al op bak­plaat en bak 12-15 mi­nu­te tot goud­bruin.

Stap 2

Be­dek eer­ste reg­hoek-spons­koek met bot­ter­ver­sier­sel en plaas op koek­bord. Rol een kleur fon­dant uit tot 3 mm dik. Sny in reg­hoek so­wat 2 cm gro­ter as die spons­koek. Plaas fon­dant-reg­hoek oor koek soos ’n kom­bers – dit hoef nie per­fek te wees nie.

Stap 3

Be­dek vol­gen­de koek­laag met ver­sier­sel en plaas bo-op eer­ste koek­laag. Rol twee­de kleur fon­dant uit en sny weer in reg­hoek soos eer­ste laag s’n. Dra­peer oor koek­laag. Her­haal met laas­te koek en fon­dant.

Stap 4

Ge­bruik oor­bly­wen­de bot­ter­ver­sier­sel en plak koe­kiekop­stuk aan bed vas (sien fo­to). Maak kus­sing en kom­bers van geel fon­dant en plaas op bed. Ver­sier res van bed met eet­ba­re blom­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.