Sarie Partytjie

Reënboog-springmiel­ies

-

(bl. 8) My ma het altyd hierdie springmiel­ies met die suikerlaag gemaak. Dit bly een van my gunsteling­e.

• 60 ml canola-olie

• 220 g (250 ml) rou

springmiel­ies

• 260 g (500 ml) versiersui­ker • 150 ml water

• pienk koskleurse­l

• gekleurde vermicelli

Gooi die olie en springmiel­ies in ’n middelslag-kastrol, sit die deksel op en verhit oor matige hitte tot die mielies begin ontplof. Haal kastrol van die plaat af wanneer die skietgelui­de afneem om te keer dat die mielies brand. Verdeel mielies in twee dele en versprei eweredig op twee bakplate wat goed gespuit is met kleefweren­de kossproei. Plaas suiker en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt oor matige hitte. Verlaag hitte en laat kook

8-10 minute of tot mengsel ’n ligte karamelkle­ur kry. Gooi pienk koskleurse­l by en meng deur. Roer ’n paar sekondes. Gooi oor mielies en meng vinnig deur. Hou aan meng tot suikerkris­talle op mielies vorm. Laat afkoel en breek los van mekaar. Strooi vermicelli oor en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa