Sarie Partytjie

Trek die stok uit

-

Koop by ysterwarew­inkel ’n stuk plastiekne­t van 1 x 1 m met gaatjies van 1 cm groot ( jy kry dit in swart en wit). Maak twee sye van die net aan mekaar vas met kabelbinde­rs ( cable ties) om ’n regop tonnel te vorm. Steek sowat ⅓ van bo-op af hout-tappenne ( dowels) van 2 mm dik deur die tonnel om ’n vangnet te vorm (sien foto). Jy gaan sowat 50 tappenne nodig hê. Gooi nou bo-op die tappenne ’n klomp gholfballe. Laat kinders om die beurt elkeen ’n pen uittrek. As jy ’n pen uittrek en ’n bal val deur, is jy uit. Die een wat laaste oor is, is die wenner.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa