Broodslakke
Koop winkeldeeg vir kortpad. GENOEG VIR 12
• 500 g winkeldeeg • koekmeel vir uitrol
• 125 g-houer tamatiepesto • 24 heel naeltjies
• 12 pretzel-stokkies,
middeldeur gebreek
Verhit oond tot 180 °C. Verdeel winkeldeeg in 12 dele en rol elke deel met ekstra koekmeel in lang wors van 20 cm lank. Gebruik koekroller en rol ⅔ van die deegwors plat. Smeer tamatiepesto op plat deel en rol stewig op – dis die dop van die slak. Plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Herhaal met res van deegworse, steek twee naeltjies in elke slak vir oë en twee pretzelstokkies vir horings. Bak vir 12-25 minute of tot goudbruin en bros.
Laat effens afkoel. Gebruik skerp mes en sny kante van doppe reguit – jy kan dit ook net so ongesny voorsit, as jy wil.