Mousse-modderpotte (bl. 22) Maklik en vinnig om te maak. GENOEG VIR 12
• 12 houers wit-en-donkersjokolademousse (kyk by jou
supermark se nagereg-yskas) • 300 g sjokoladekoekies,
fyngekap tot krummels
• 12 jellieslange
• 12 houtlepels vir voorsit
Maak mousse oop en verdeel krummels tussen houers. Begrawe jellieslange in krummels en steek ’n houtlepel in elke pot. Sit voor.