Spinnekop se web
Koop 5 hoepels van verskillende groottes. Plak op elke hoepel ’n web met maskeerband. Hang die hoepels in die tuin en laat die klewerige kant van die band in een rigting wys. Koop polistireenballe in verskillende groottes. Laat kinders die balle na die web (klewerige kant) gooi. Die een wat die meeste aan die web laat vassit, is die wenner.