Sarie Partytjie

Fantasie-sjokolade

-

Hierdie lekkerte sal enige kinderhart bly maak! GENOEG VIR 8-10

• 185 ml room

• 400 g donkersjok­olade,

fyngekap

• 1 x 100 g-pakkie sjokolade

wafelkoeki­es

• 1 x 100 g-pakkie aarbeigeur

wafelkoeki­es

• 50 g kleurstroo­isels

( hundreds and thousands)

Voer ’n broodpan van 18 x 10 cm met bakpapier uit. Verhit room tot kookpunt. Gooi oor gekapte sjokolade en roer tot sjokolade gesmelt is. Gooi ’n laag van sowat 1 cm dik onderin die pan. Pak ’n laag sjokolade-wafelkoeki­es bo-op. Gooi genoeg sjokolade oor sodat koekies net bedek is. Pak ’n laag aarbeigeur-wafelkoeki­es bo-op. Skep oorblywend­e sjokolade oor. Laat stol in yskas. Keer uit en sprinkel strooisels oor. Sny skywe met ’n skerp mes en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa