Sarie Partytjie

Malva-koppies

-

Dié resep is maklik en goedkoop.

GENOEG VIR 30

• 30 ml gelatien

• 125 ml koue water

• 440 g (500 ml) strooisuik­er • 250 ml kookwater

• 5 ml vanieljege­ursel

• 30 roomyshori­nkie-koppies • 100 g veelkleuri­ge vermicelli

Week gelatien in koue water vir 5 minute. Smelt oor pot met kookwater. Plaas in elektriese menger se bak saam met suiker, kookwater en vanieljege­ursel. Klits by hoë spoed vir 10 minute of tot mengsel dik is. Pak koppies op bakplaat en verdeel mengsel tussen die koppies. Plaas sowat ’n uur in die yskas om te stol. Sprinkel vermicelli oor en sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa