Sarie Partytjie

Reënboogje­llie

-

Bietjie tydrowend, maar dit lyk mooi en dis baie bekostigba­ar. GENOEG VIR 8

• 30 ml gelatien

• 50 ml water

• 2 x 385 g-blikke kondensmel­k • 4 x 80 g-boksies jellie

van jou keuse

Meng gelatien en koue water saam. Laat staan sowat 5 minute tot sponserig. Plaas kondensmel­k in groot mengbak en gooi

500 ml kookwater by. Skep gelatien by en meng deur. Laat staan tot afgekoel, maar nog nie gestol nie. Terwyl kondensmel­k afkoel, maak jellie in aparte bakke aan volgens aanwysings op pak. Laat afkoel. Gooi laag kondensmel­k-mengsel van 1 cm dik in 8 glaskoppie­s met volume van 250 ml elk. Laat stol in yskas. Sodra gestol, gooi lagie jellie bo-op. Laat stol weer. Hou aan tot alles opgebruik is. As een van die mengsels stol voor jy dit in die koppies gegooi het, kan jy dit vinnig vir 3 draaie in die mikrogolf smelt – moet dit net nie te warm maak of kook nie. Sit gestolde jellie voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa