Sarie Partytjie

Pomelo-limonade

-

Baie gesond en vol vitamien C!

GENOEG VIR 12-14 GLASE

• 1 stingel sitroengra­s

( lemon grass) • sap van 10 rooi pomelo’s

( blood oranges)

• 100 g (125 ml) suiker • sap en skil van 2 suurlemoen­e • 1 kg gebreekte ys

• 2 liter limonade

Gebruik agterkant van ’n mes en kap sitroengra­s op ’n houtbord tot dit oopbars. Plaas saam met pomelosap, suiker, en sap en skil van suurlemoen­e in ’n middelslag­pot. Bring tot kookpunt oor matige hitte. Kook 5 minute. Verwyder van hitte en laat afkoel. Plaas in yskas tot yskoud. Gooi stroop deur sif in ’n groot ponsbak. Voeg gebreekte ys by. Gooi limonade oor en meng. Sit voor in kleiner glase met papierstro­oitjies.

WENK Maak glase van konfytfles­sies: Spuitverf die deksels in ’n kleur van jou keuse. Boor ’n gaatjie in die deksels waardeur ’n strooitjie kan pas. Gooi limonade in flesse en maak toe.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa