Sarie Partytjie

Koek met geheime sjokoladeh­art

-

Dit mag dalk lyk na baie werk, maar dit verg net ’ n klein bietjie ekstra tyd – jy moet die beslag twee maal aanmaak vir sjokoladeh­art en vanieljeko­ek. GENOEG VIR 1 KOEK

KOEK (hoeveelhed­e genoeg vir een beslag – maak twee keer aan) • 125 g sagte botter

• 210 g strooisuik­er

• 2 ekstragroo­t eiers

• 5 ml vanieljege­ursel

• 240 g koekmeel en

40 g kakaopoeie­r vir die sjokoladek­oek (gebruik

280 g koekmeel vir die vanieljeko­ek)

• 10 ml bakpoeier

• knypie sout

• 250 ml melk

• klein suikerblom­metjies

vir versiering

VERSIERSEL (maak een keer aan) • 130 g versiersui­ker

• 10 g kakaopoeie­r

• 30 ml kookwater

Maak eers sjokoladek­oek: Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en strooisuik­er saam tot lig en romerig. Voeg eiers by en klits goed. Voeg vanieljege­ursel by en klits. Sif koekmeel, kakaopoeie­r, bakpoeier en sout saam in ’n bak en vou om die beurt met die melk by die bottermeng­sel in.

Skep sjokoladek­oekbeslag in ’n gesmeerde broodpan. Plaas in warm oond en bak vir

50- 60 minute of tot dit gaar is en ’n toetspen skoon uitkom.

Haal koek uit oond en sit eenkant om heeltemal af te koel. Plaas vir ’n paar uur of oornag in yskas om ferm te word. Haal uit yskas en sny koek in skywe van 2 cm dik. Pak skywe op ’n plat oppervlak uit en gebruik hart-koekiedruk­ker om ’n hart in die middel van elke sny te druk. Hou hartvorms eenkant en gebruik afvalstukk­e vir ’n trifle of om sjokoladet­ruffels te maak.

Maak nou vanieljeko­ek: Verhit oond tot 180 °C. Maak beslag net soos vir sjokoladek­oek aan, maar pas die hoeveelhei­d meel aan en moenie kakao byvoeg nie. Smeer ’n derde van die beslag oor die basis van ’n broodpan wat met bakpapier uitgevoer en met kleefweren­de kossproei gespuit is. Pak sjokoladeh­arte regop in middel van die vanieljeko­ekbeslag in pan. Skep orige beslag versigtig om en oor die sjokoladeh­arte. Plaas in oond en bak in warm oond vir 45-55 minute of tot gaar. Haal uit oond en sit eenkant om heeltemal af te koel.

Versiersel: Keer koek uit pan.

Sif versiersui­ker en kakao saam in ’n bak. Roer kookwater bietjies-bietjies by om ’n gladde, smeerbare versiersel te vorm. Smeer oor koek en versier met klein suikerblom­metjies. Sny koek versigtig in skywe sodat jy die geheime hart kan sien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa