Pienk springmielies
Sit die springmielies in prettige houers voor. Ons het ou trofeë gebruik wat met ekstra rosette versier is. GENOEG VIR 10
• 45 ml canola-olie
• 180 g springmieliepitte • 100 ml water
• 300 g strooisuiker • pienk koskleursel
Verhit olie in ’n groot pot.
Voeg springmieliepitte by, sit deksel op en wag tot die mielies ophou spring. Verwyder van plaat. Verhit water en strooisuiker in ’n ander pot. Roer tot suiker opgelos het en haal stroop van plaat af. Kleur stroop met ’n paar druppels pienk koskleursel. Giet oor springmielies en meng goed deur. Sit voor in bakke.